MSV Duisburg

MSV Duisburg

Volledige naam Meidericher Spielverein
02 e.V. Duisburg
Stigtingsdatum 17 September 1902
Tuisveld MSV-Arena,
Duisburg
Kapasiteit 31 000
Kompetisie 3. Liga
Ou Logo van die MSV Duisburg
Die MSV-Arena, Duisburg, gedurende 'n Amerikaanse voetbalwedstryd

MSV Duisburg is 'n sportklub uit Duisburg in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub afdelings vir handbal, hokkie, atletiek, vlugbal, judo en gimnastiek. Meiderich is 'n stadsdeel van Duisburg wat tot 1905 'n onafhanklike stad was.

Die klub is op 17 September 1902 gestig as Meidericher Spielverein von 1902 e.V. In 1905 het SC Viktoria Meiderich by die klub aangesluit.

Die klub het in 1929 en 1931 die uitspeelwedstryde om die Duitse kampioenskapstitel gehaal, maar hierna het die klub gesukkel en kon dit nie die Gauliga haal tydens die Derde Ryk nie. Die hoogste vlak is eers weer in 1951 gehaal toe daar na die Oberliga Wes gepromoveer is. Die Zebras was een van die klubs wat aan die eerste Bundesligaseisoen in 1963 deelgeneem het. In hierdie eerste seisoen het die klub tweede geëindig, sy hoogste posisie tot nou toe. Die naam is aan die einde van die 1965/66-seisoen verander na die huidige MSV Duisburg. Die klub het ook al drie keer die eindstryd van die DFB-Pokal gehaal (1966, 1975 en 1998), maar elke slag verloor. Duisburg hou die rekord vir die grootste Bundesliga weg-oorwinning nog ooit toe Tasmania 1900 Berlyn in 1966 met 0-9 in Berlyn afgeslag is.

Die klub speel sy tuiswedstryde in die MSV-Arena, wat gebou is op die terrein van die gesloopte Wedaustadion, sedert 1926 die Zebras se tuisveld.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy